By AGS Vryheid Nuwe Lewe Gemeente klop ons hart vir God en vir mense. Ons droom is om 'n geestelike tuiste te wees waar almal welkom voel, ongeag hul agtergrond of lewenspad. Ons streef daarna om in ’n intieme verhouding met God te leef, mekaar opreg lief te hê en mekaar te ondersteun. Saam is ons toegewyd daaraan om ’n positiewe en blywende verskil te maak in ons gemeenskap en die wêreld waarin ons leef.